Local newsMunicipalNews

Vrou skryf motorfiets af weens munisipale uitgrawings

Raad vul nie weer gate nie.

BETHAL – ’n Vrou het haar motorfiets (scooter) op Woensdag, 29 Julie in Stasieweg afgeskryf.

Sy het teen die hoop grond wat deur die munisipaliteit uitgegrawe is om die waterpype te bereik, vasgery.

Die ongeluk het naby die Nestle-fabriek en die brug in Malherbestraat gebeur.

Volgens inwoners hou die gate ’n groot gevaar vir inwoners en motoriste in.

“Hoekom is daardie gate nie dadelik toegemaak nie,?” wou hulle weet.

Volgens die polisie het die vrou net ligte beserings opgedoen en die raad het nog nie kommentaar gelewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button