Local newsMunicipalNews

Bethallers kla oor 28 gebarste waterpype

Waterdruk swak wanneer daar wel water is.

BETHAL – Altesaam 28 waterpype het binne drie weke op verskillende plekke gebars en sommige inwoners sukkel steeds met water.

Na wat verneem word, het daar weer drie pype op Woensdag, 29 Julie gebars en inwoners sonder water gelaat.

“Hoeveel pype gaan nog bars,?” wil hulle weet.

Dit is nie net die water wat inwoners de josie in maak nie, maar paaie word ook vernietig om die waterpype te bereik en word nie weer herstel nie.

Twee motorongelukke weens gate het in een week gebeur.

Inwoners wil weet waarom die raad nie dadelik alles regmaak nie.

Mense buite die dorp is nie bewus van al die gate nie en die gate word nie met rooi waarskuwingstekens omring nie.

Die raad het onlangs aan die Ridge Times gesê dat die probleem by Rand Water lê en nie die munisipaliteit se skuld is nie.

Inwoners is dankbaar vir munisipale werkers wat dadelik uitkom en die probleem probeer oplos, maar die herstelde pype bars weer.

Me. Elaine Koch, inwoner, is gefrustreerd omdat sy al vir drie weke sonder water sit.

“Wie gaan my gas en water betaal?

“Waarom kry hulle nie waterkundiges om die probleem te herstel nie?”

Volgens haar is die waterdruk baie laag as daar wel water is.

“Ek wil vir die DA-raadslid mnr. Hannes van Baalen vir sy onbaatsugtige hulp bedank,” het me. Kock gesê.

Die raad het nog nie kommentaar gelewer nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button