Local newsMunicipalNews

Watermeter veroorsaak ongelukke

Die raad het nog nie kommentaar gelewer nie.

BETHAL – Bethallers wil vir die volgende 20 jaar niks van water hoor nie omdat groot waterprobleme hulle binne vier weke getref het.

Die eienaar van Midas in Du Plooystraat, mnr. Stefaans Malan, is só te sê raadop met die munisipaliteit.

“Daar was ’n probleem met ons watermeter en toe die munisipale werkers dit herstel het, het hulle die nuwe watermeter buite by die parkeergebied geplaas.”

Die meter is glo verlede week Vrydag geinstalleer en geen waarskuwingtekens is om die meter geplaas nie.

Volgens mnr. Malan het agt motors al skade gely weens die watermeter.

Op Woensdag, 5 Augustus het ’n voertuig die meter omgery sodat die water uitgespuit het soos ’n fontein.

“Werkers het die probleem herstel en stene van die hoekhuis in Du Plooy en Moses Kotanestraat gevat om die watermeter te bedek.

“Dink hulle nou dit gaan maak dat voertuie nie teen dit vasry nie?”

Volgens mnr. Malan was mnr. Hannes van Baalen, DA-raadslid, deur die week by hom om te hoor wat aangaan.

Nog niks is verder aan die saak gedoen nie.

Die Govan Mbeki Munisipaliteit het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.

'n Voertuig het op Woensdag, 5 Augustus die watermeter omgery.
‘n Voertuig het op Woensdag, 5 Augustus die watermeter omgery.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button