Vrou ry teen hoop grond vas
“Hoekom is daardie gate nie dadelik toegemaak nie,?” wou hulle weet.
BETHAL – ’n Vrou het haar motorfiets (scooter) op Woensdag, 29 Julie in Stasieweg afgeskryf nadat ’n taxi-bestuurder haar glo van die pad afgedwing het.
Sy het teen die hoop grond wat deur die munisipaliteit uitgegrawe is om die waterpype te herstel, vasgery.
Die ongeluk het naby die voormalige Nestle-fabriek en die brug in Malherbestraat gebeur.
Volgens inwoners hou die gate ’n groot gevaar vir motoriste in.
“Hoekom is daardie gate nie dadelik toegemaak nie,?” wou hulle weet.
Volgens die polisie het die vrou net ligte beserings opgedoen.
Geen kommentaar is tot dusver van die Govan Mbeki Munisipaliteit ontvang nie.
Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



