Local newsMunicipalNews

Waterprobleme duur voort

Twee motorongelukke weens gate het in een week gebeur.

BETHAL – Altesaam 28 waterpype het binne vier weke op verskillende plekke op die dorp gebars en sommige inwoners is steeds sonder water.

Na wat verneem word, het daar weer drie pype op Donderdag, 6 Augustus gebars en inwoners sonder water gelaat.

“Hoeveel pype gaan nog bars?”

Dit is nie net die water wat inwoners de josie in maak nie, maar paaie word vernietig om die waterpype te herste en word nie weer behoorlik herstel nie.

Twee motorongelukke weens gate het in een week gebeur.

“Hoekom maak hulle dit nie dadelik toe nie?”

Inwoners het gemeen dat die dorp reeds met slaggate bedek is en sukkel hulle met die munisipaliteit om dit te herstel.

Mense buite die dorp is nie bewus van al die gate nie en dit is nou nie asof die gate met rooi waarksuwingstekens gemerk word nie.

Verlede week is daar aan die Ridge Times gesê dat die probleem by Rand Water is en nie op die dorp nie, maar die pype bars steeds.

Inwoners is dankbaar vir munisipale werkers wat dadelik uitkom en die probleem probeer oplos, maar die herstelde pype bars weer.

Me. Elaine Koch, inwoner, is hoogs gefrustreerd omdat sy vir drie weke reeds sonder water is.

“Wie gaan my gas betaal en al die water?

“Hoekom kry hulle nie deskundiges om die probleem te herstel nie?”

Volgens haar is die waterdrukking baie laag indien daar wel water is.

“Ek wil net die DA-raadslid, mnr. Hannes van Baalen, vir sy onbaatsugtige hulp bedank,” het me. Kock gesê.

Daar word daagliks op me. Michelle Viljoen se Whatsapp-groep gekla oor die water.

Geen kommentaar is teen druktyd van die Govan Mbeki Munisipaliteit ontvang nie.

 

Vrou ry teen hoop grond vas

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button