Local newsMunicipalNews

SA stortingsterreine is vrot – Afriforum

"Wanbestuur, swak wetsregulering, korrupsie en 'n gebrek aan opleiding het meegebring dat stortingsterreine nie na behore funksioneer nie.

Kort nadat die Ermelo-stortingsterrein in die nuus was weens die chaoties toestand wat daar geheers het, is die uitslag van ‘n oudit van stortingsterreine in verskeie dorpe en stede in Suid-Afrika deur Afriforum bekend gemaak.

Volgens die verslag het slegs ses van die 56 stortingsterreine wat geoudit is aan vereistes volgens die nasionale wetgewing voldoen.

50 van die munisipaliteite se stortingsterreine is nie op standaard nie en hou ‘n wesenlike gesondheidsrisiko vir die onderskeie gemeenskappe in.

Afriforum is ook nie tevrede met die wyse waarop stortingsterreine bestuur word nie.
Van die agt stortingsterreine in Mpumalanga wat geoudit is, het slegs een aan meer as 80 persent van die minimum vereistes voldoen.

Die name van die munisipaliteite is nie gemeld nie.

Volgens mnr. Jaco Grobbelaar, omgewingskordineerder van Afriforum, hou stortingsterreine groot ekonomiese potensiaal in maar tersefdertyd ook ‘n gesondheidsrisiko en moet daarom altyd aan die toepaslike wetgewing voldoen.

Afriforum het onlangs aanmaningsbriewe aan die betrokke munisipaliteite gestuur waar die stortingsterreine nie op standaard is nie.

Spertye en planne van aksie is aan die munisipaliteite voorgelê en daar is versoek dat die terreine wettig en omgewingsvriendelik bestuur moet word.

Indien die munisipaliteite nie hieraan gehoor sou gee nie, sal verdere stappe gedoen, aldus Afriforum.

Van die bevindings is dat mediese afval onwettig by sommige terreine gestort word wat ondergrondse water kan besoedel;gesinne woon op van die terreine; diere wei op die terreine en eet afval; dierekarkasse en beendere word onwettig gestort en word ook nie bedek nie; geen rehabilitasie vind plaas nie en grond word vir weke lank nie gekompakteer nie.

Dit veroorsaak dat vullis wegwaai en die omgewing besoedel.

Mnr. Julius Kleynhans, hoof van Afriforum se omgewingsake, het gesê stortingsterreine is onderhewig aan sekere standaarde.

“Wanbestuur, swak wetsregulering, korrupsie en ‘n gebrek aan opleiding het meegebring dat stortingsterreine nie na behore funksioneer nie.

“Die privatisering van dié dienste behoort sterk oorweeg te word,” het hy gesê.

Die onderhoud en bestuur van die Ermelo-stortingsterrein is reeds ‘n geruime tyd gelede aan ‘n privaat kontakteur toegeken. (Met erkenning – Afriforum)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button