Rommeldiewe maak gemors
“Dié mense moet boetes opgelê word, het ’n inwoner gesê.
SECUNDA – Die gemeenskap is moeg vir rommeldiewe.
Sodra vullissakke uitgedra word, kom haal rommeldiewe die sakke nog voordat die munisipale werkers dit kom oplaai.
Hulle gaan sit dan agter huise in die groen stroke waar die sakke uitgegooi en sorteer word.
Van die inwoners het al kondome en spuitnaalde langs hul mure opgetel en die rommel waai rond en beland ook in die spruit.
Die gemors lok rotte, muise en slange, asook insekte.
Inwoners is raadop en weet nie meer wat om te doen nie.
“Dié mense moet boetes opgelê word,” het ’n inwoner gesê.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



