Local newsMunicipalNews

Riool net waar jy kyk

Riool loop ook op ander plekke oor.

BETHAL – Inwoners is ontstoke oor die riool wat weer in Louis Trichardt- en Percy de Kokstraat vloei.

Nie net stink dit nie, maar lê dit die hele pad vol.

Klagtes is by die munisipaliteit ingedien en verwysingnommers is gegee, maar niks is tot dusver gedoen om die probleem op te los nie.

“Ek verstaan nie hoe die rioolprobleem bly gebeur nie.

“Dit is nie lekker om so te leef nie,” het inwoners gesê.

Een van die mene het gesê dat die riool wat oorloop in ‘n spruit, moontlike gesondheidsprobleme tot gevolg kan hê.

Motoriste kla ook oor die reuk as hulle op die Baanbrekerpad ry.

Riool loop ook op ander plekke oor.

Die rioolprobleem op die dorp is volgens inwoners besig om hand uit te ruk.

Nog geen kommentaar is van die munisipaliteit ontvang nie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button