BETHAL – ’n Stadige protesaskie word op Maandag, 31 Augustus op die N17-snelweg gehou waartydens inwoners oor die toestand van die dorp en die swak dienslewering van die munisipaliteit gaan kla.
Inwoners het gesê dat die eens mooi dorp uitmekaar val en dat dit die munisipaliteit nie pla nie.
Daar word niks aan probleme gedoen nie, net verwysingsnommers word uitgegee.
“Verwysingsnommers beteken niks, werkers kom steeds nie uit nie.”
Bethallers word genooi om die optog te ondersteun en te help veg vir die dorp.
Vir meer inligting, skakel 071 284 0990.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



