Waterpype hou nie op bars nie
Munisipale werkers het eers op Donderdag, 27 Augustus die pyp herstel.
BETHAL – Skoon water het vir twee dae lank in Stasieweg oppad na Kerkstraat afgevloei.
Dit het sommige inwonerss sonder water gelaat en ander het swak waterdrukking beleef.
Klagtes is by die Govan Munisipaliteit se klagtesentrum ingedien en verwysingsnommers is gekry.
Munisipale werkers het eers op Donderdag, 27 Augustus die pyp herstel.
Inwoners van Du Plooystraat 70 het vir sewe dae sonder water gesit.
Volgens mnr. Hennie Rademeyer, DA komiteelid, het hy die problem menige kere onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar geen reaksie is vir sewe dae ontvang nie.
Werkers het op Donderdag, 27 Augustus aan die probleem gewerk en glo vyfuur opgehou werk.
Inwoners in Chris Hani, Andries Pretorius en Du Plooystraat is ook sonder water weens ’n gebarste pyp.
“Hoekom word probleme net tydelik reggemaak?”
Volgens mnr. Rademeyer is inwoners raadop en weet hulle nie meer wat om te doen nie.
Dit is nie net die waterprobleem waaroor inwoners kla nie, maar ook oor riool, krag, rommel, die toestand van paaie en oop kragkaste.
“Die dorp verbeter nie.”
Volgens mnr. Bheki Kubheka van die Govan Mbeki Munisipaliteit is hy en sy kommunikasie-span besig met die ondersoek oor al die waterprobleme op die dorp.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



