BETHAL – DA-lede van Wyk 28 het verlede week ‘n nuwe komitee gekies.
Mnr. Hennie Rademeyer is as die nuwe voorsitter verkies en mnr. Dup du Plessis as ondervoorsitter.
Me. Leigh Opperman is die nuwe sekretaris.
Me. Alrina Boppins, mnre. Justin Kruger en Hendrik Botha is die nuwe komiteelede.
Mnr. Rademeyer het inwoners tydens die vergadering toegespreek en gesê dat dit tyd is om Bethal reg te ruk.
Me. Michelle Viljoen, DA-raadslid het gesê dat sy daarna uitsien om met die nuwe komitee saam te werk.
Skakel mnr. Rademeyer by 076 531 3587 oor enige munisipale klagtes.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



