BETHAL – Rioolprobleme word net meer en inwoners raak al hoe meer ontstoke.
Riool loop al vir ’n ruk in die Blesbokspruit in en onderwysers van MD Coovadia Combined School is moeg vir die “see van riool wat agter die skool vloei.
“Ons het al menige klagtes by die munisipaliteit ingedien, mense geskakel vir hulp en was al selfs by die munisipaliteit, maar geen reaksie word van hul kant getoon nie,” het ’n onderwyser gesê.
Nie net stink dit nie, maar vee drink water uit die spruit en wei agter die skool op die oop veld.
“Dit is onhigiënies en ’n gesondheidsrisiko.”
Inwoners van Louis Trichardtstraat sukkel al vir bykans ’n jaar met riool wat daar vloei.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




