Bethallers weer sonder krag gelaat
Munisipale elektrisiëns het glo smeltdrade van Secunda gekry om die probleem te herstel.

BETHAL – Gedeeltes van Bethal was verlede week vir 24 uur sonder krag.
Die krag het Woensdagaand omstreeks 10nm afgegaan en eers die volgende aand weer aangekom.
Volgens ‘n werknemer by die Govan Mbeki Munisipaliteit se inbelsentrum was daar fout met transformators en smeltdrade.
Munisipale elektrisiëns het glo smeltdrade van Secunda gekry om die probleem te herstel.
Inwoners was woedend omdat die krag vanaf Donderdag tot Vrydag telkemale aan- en afgegaan het.
Mnr. Bheki Kubheka, waarnemende hoof van bemarking en kommunikasie, het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



