Vuil babadoeke en bierbottels ontsier dam
Munisipaliteit ondersoek probleem.
BETHAL – Inwoners kla oor die rommel wat daagliks by Bethaldam gestort word, soos onder andere bierbottels en vuil babadoeke.
Volgens ’n boer wat naby die dam in Davelweg boer, is dit gevaarlik vir sy vee wat dit eet.
“Ek moet kort-kort vir rommel uitkyk en buitendien ontsier dit die dam,” het hy gesê.
Mense strooi glo nie net by die dam nie, maar ook in die sakegebiede, oop velde en in die Blesbokspruit naby die Nestlé-fabriek.
“Besef mense nie die risiko nie?” wou ’n inwoner weet.
’n Inwoner van Louis Trichardtstraat het ook oor die rommel by die oop veld gekla.
“Die asgate is seker te ver vir sommige mense.”
Mnr. Bheki Kubheka, waarnemende hoof van kommunikasie en bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê die raad is besig om die probleem te ondersoek.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



