Local newsNews

Tannie Poppie praat oor kos

Tannie Poppie moes vra vir ’n houtlepel.

BETHAL – Plaaslike vroue het Saterdag, 31 Oktober saam met Tannie Poppie van Kokkedoor gelag, gekuier en geleer tydens die High Tea-oggend by Larskool HM Swart.

Behoeftige bejaardes is ná ’n ondersoek van Helpende Hand geïdentifiseer en hulle het besluit om ’n verskil te maak.

’n Bejaarde vrou is al met ’n gehoorstuk gehelp, terwyl ander komberse en ’n bord gekookte kos elke week ontvang.

Skooldogters word ook deur middel van die Help Hanna-projek gehelp.

Niks kan sonder geld uitgerig word nie en die High Tea is aangebied om geld in te samel, maar ook om Bethallers te motiveer om by Helpende Hand aan te sluit.

Tannie Poppie het vertel waar sy geleer het om kos te maak en te bak.

“Ek het van jongs af alles by my ma in die kombuis geleer.

“Daardie dae was daar nie Google nie.

“My ‘Google’ was die biblioteek en ek het alles probeer maak, maar die afronding van enigiets is die belangrikste,” het sy vertel.

Dít het sy by die Vroue Landbou-Unie geleer.

Toe sy vir Kokkedoor ingeskryf het, was sy verras dat sy ingekom het.

“Hulle het nie houtlepels gehad nie en moes spesiaal vir my een kry, dit is al waarmee ek werk,” het sy vertel.

Sy het ná elke keuring gebid dat sy moes uitval, maar sy het in Deutronomium 28:5 opdrag gekry om aan te gaan, net soos Moses moes.

Sy het besluit om net op Jesus Christus vir die pad verder te vertrou.

Tannie Poppie het al haar eerste resepteboek wat sy haar nostalgiese resepteboek noem, uitgegee.

Die tweede boek word volgende jaar vrygestel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Die tafels moes volgens die tema, high tea, gedek word. Die beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die mooiste tafel te kies. Hier is Daleen Joubert, Christelle van Dyk, Anne-Marie Greyling, Frieda en Mignon en Minette Prinsloo.
Die tafels moes volgens die tema, high tea, gedek word. Die beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die mooiste tafel te kies. Hier is Daleen Joubert, Christelle van Dyk, Anne-Marie Greyling, Frieda en Mignon en Minette Prinsloo.
Van die bestuur van Helpende Hand Bethal verwelkom vroue by die tee. Hulle is me. Elsie van Rensburg, me. Annelize Dell, me. Magdel Purcocks, me. Sanette Henning en me. Alisha de Lange.
Van die bestuur van Helpende Hand Bethal verwelkom vroue by die tee. Hulle is me. Elsie van Rensburg, me. Annelize Dell, me. Magdel Purcocks, me. Sanette Henning en me. Alisha de Lange.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button