AfriForum pak bul by die horings na waterpype lek
Mnr. Coetzer het Aqua Plumbing genader om die pype te herstel.
AfriForum het op 23 November besluit om self verskeie waterpype in die industriële gebied te herstel.
Die pype lek al vir meer as drie maande. Mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van die AfriForum se Standerton-tak, het al dié lekke verskeie kere aan die munisipaliteit deurgegee, maar niks is omtrent die saak gedoen nie.
Mnr. Coetzer het besluit om self die taak aan te pak en het PLAASTIC gekry om ondersoek in te stel en Aqua Plumbing is vir kwotasies genader.
Die strate by die waterlekke is beskadig deur die water wat ononderbroke gevloei het. Duisende liters drinkwater is ook daagliks deur die waterlekke gemors.
Na ondersoek ingestel is, was dit duidelik dat 25mm pypies vervang moes word, wat nie lank sou duur nie.
Volgens mnr. Coetzer kon dit lankal afgehandel wees en baie drinkwater kon gespaar word. Die plan was om vier pype, wat lek, te vervang, maar slegs drie is op 23 November herstel. Die koste vir dié herstelwerk was nie eens R2 000 nie.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805





