Local newsMunicipalNews

Meld probleme by Lekwa aan

Mnr Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, het gesê dat hulle nie bewus is hiervan nie.

Water stroom die straat af in Meyerville.

Die Standerton Advertiser het ondersoek ingestel en gesien dat die water uit die veld op die hoek van Ivan- en Frederikstraat uitloop.

Volgens inwoners word water reeds meer as twee weke gemors en niemand het dit by die Lekwa Munisipaliteit aangemeld nie.

Dit is onduidelik of dit ’n lekkende pyp of ’n verstopte drein is.

Mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, het gesê dat hulle nie hiervan bewus is nie.

Volgens hom kan hulle slegs reageer na dit aangemeld is.

As jy iets rapporteer by die munisipaliteit, sal jy ’n verwysingsnommer kry.

Mnr. Tshabalala het gesê dat hulle ondersoek sal instel en het inwoners aangemoedig om 017 712 5551 te skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button