Local newsMunicipalNews

AfriForum sit hand by

Hulle sukkel al meer as twee maande om die probleem op te los.

AfriForum Standerton-tak het op ’n vrou in Kerkstraat se hulpkreet geantwoord op 9 December.

Vier bome wat deur die oorhoofse kraglyne groei en kragtoevoer verleen aan van die huise is gesnoei.

Om sonder elektrisiteit te sit, is iemand wat aan ’n suurstoftoestel gekoppel is se grootste vrees.

’n Vrou met dié probleem is gereeld vir lang ure sonder krag.

Sy sukkel al meer as twee maande om die munisipaliteit te kry om die probleem op te los.

Sy was op 7 Desember drie ure sonder krag.

Mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van die tak, het besluit om self in te gryp en gereël om die bome korter te saag.

Mnr. Jacques Smith, projekbestuurder, het homself handig met die kettingsaag gemaak.

Dit het sowat 30 minute geneem om die projek af te handel.

“Dit is hartseer om te sien dat bejaarde mense so lank moet wag vir dienste waarvoor hulle betaal,” het mnr. Coetzer gesê.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button