Laat jou diere by die DBV loseer
Maak dié Kersfees anders deur ’n troeteldier by die DBV aan te neem.

BETHAL – Inwoners kan hul troeteldiere tydens die feestyd by die plaaslike DBV laat loseer.
Volgens me. Alma Botha, inspekteur, word die troeteldiere goed versorg en hoef hul eienaars nie bekommerd te wees nie.
Pryse kan by die DBV se kantore aangevra word.
“Ons hokke is ook vanjaar oorgedoen.”
Sy het ook inwoners gemaan om seker te maak dat hul troeteldiere kos en water het wanneer hulle by die huis gelos word.
Troeteldiere moet ook in ’n veilige omgewing wees waar hullle nie kan uitkom nie.
Sy het inwoners ook genooi om die DBV te besoek en dalk Kersfees vir ’n troeteldier hoop te skep deur vir hom ’n nuwe huis te gee.
Vir meer inligting, skakel die DBV by 017 647 5360.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 590c76a8
WhatsApp – 0793644185



