Local newsMunicipalNews

Rommel steeds ’n probleem

Dié keer is dit nie vullis nie, maar bourommel.

Die Standerton Advertiser het op 9 Oktober verlede jaar berig oor ’n veld in Britsstraat waar gemors gestort word.

Vir ’n tyd het dit gelyk of daar nie meer gestort word nie.

Daar is op 5 Januarie opgemerk dat dit nou erger lyk as te vore.

Dié keer is dit nie vullis nie, maar bourommel.

Dit is onbekend wie die rommel daar gestort het.

Mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, het gesê dat die gemeenskap kan help om die probleem op te los.

Onwettige stortingsterreine is oral op die dorp en dit moet by die munisipaliteit aangemeld word.

’n Persoon wat onwettig stort, sal ’n boete kry as hy gevang word.

Die gemeenskap moet saamstaan en mekaar onderrig om die dorp skoon te hou.

As jy iemand sien wat onwettig stort, stel die Lekwa Munisipaliteit by 017 712 5551 in kennis.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button