Eskom stel ultimatum aan Lekwa
'n Vergadering oor dié kwessie het op 19 Januarie in Nelspruit plaasgevind.

Inwoners sal moontlik vanaf 11 April sonder elektrisiteit wees!
Die besluit kom nadat ‘n betalingsooreenkoms wat aangegaan is, glo nie deur die munisipaliteit nagekom is nie.
Volgens die kennisgewing skuld Lekwa Eskom R206 497 287.30.
Die betalingsooreenkoms het soos volg gelyk: (Sien tabel)

Die munisipaliteit sal moet mooi broodjies bak sou hulle die besluit van Eskom wil omkeer.
Eskom het wel ‘n reddingsboei aangebied en gee geleentheid tot 4 Maart vir belanghebbendes om beswaar te maak.

Mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, het gesê dat die munisipaliteit in samesprekings met Eskom gewikkel is.
‘n Vergadering oor dié kwessie het op 19 Januarie in Nelspruit plaasgevind.
Mnr. Tshabalala kon egter nie ‘n tydraamwerk aandui om gemoedere wat reeds hoog loop, gerus te stel nie.
Mnr. Chris Lekhuleni, bestuurder van sleutelrekeninge van Eskom in Mpumalanga, het gesê dat die munisipaliteit in gebreke gebly het om die betalingsooreenkoms na te kom.
Volgens hom het Eskom verskeie kere, ook op 4 Januarie, in verbinding met hulle getree.
Lees vandeesweek se Standerton Advertiser en hoor wat ander organisasies en politieke partye oor die kwessie te sê het.
Lees ook:
ESKOM TO PULL THE PLUG ON LEKWA MUNCIPALITY
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



