Local newsMunicipalNews

Bakkie val in slaggat vas

Chaos in Chris Hanistraat.

BETHAL – ’n Motoris se bakkie het in ’n slaggat beland toe sy by die FNB-bank wou indraai.

Dit het in Chris Hanistraat naby die landdroshof plaasgevind.

Na wat verneem word, het die water gestroom en sy het nie die slaggat gesien nie.

Volgens mnr. Wimpie Long het hy daar verby gery en gevoel hoe die pad “gekraak” het.

“Gelukkig is daar geen skade aan my bakkie nie, maar ek glo die vrou se bakkie het wel skade opgedoen,” het hy gesê.

Munisipale werkers het dadelik die slaggat toegemaak en die verkeersdepartement was ook op die toneel.

Die vrou het self na paneelkloppers gery.

Die werkers op die toneel wou glad nie kommentaar lewer nie.

Niemand het ernstige beserings opgedoen nie.

Volgens mnr. Bheki Kubheka, waarnemende hoof van kommunikasie en bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê dat die saak geondersoek sal word en dat die munisipaliteit na dit die stappe sal volg om die skade te dek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button