Groot jaar lê vir AfriForum-tak voor
Hy het ook al die lede bedank wat dit moontlik maak.
Mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, het met opgewondenheid ‘n nuwe uitbreiding van die tak aangekondig.
Die AfriForum vergadering het op 25 Februarie by die Guest House plaasgevind.
AfriForum het nou ‘n jeugtak op Standerton en hul hoofdoel gaan wees om gemeenskapsaktiwiteite aan te bied asook te help met projekte.
Mnre. Manuel Coutinho is as die voorsitter en Riaan Lategan as ondervoorsitter gekies.
Vir meer inligting oor die jeugtak skakel mnr. Coutinho by 076 225 9091.
Mnr. Coetzer het ook verskeie projekte bespreek wat reeds afgehandel is, asook projekte wat vanjaar beplan word. “Ek glo ons gaan in 2016 nog meer bereik as in 2015,” het mnr. Coetzer gesê.
Hy het ook al die lede bedank wat dit moontlik maak. Om aan te sluit by AfriForum, skakel me. Mari-Louise Coetzer by 076 549 8061.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205



