Vullis word self verwyder
’n Plaaslike boer het ’n stootskraper beskikbaar gestel om by die vullisterrein te gebruik.
AfriForum se Standerton-tak en Kasselman Veiligheidsdienste het op 2 Maart ’n vullisverwyderingsprojek geloods.
Dié projek, waar hulle die vullisterrein skoongemaak het, het drie dae geneem en 45 sleepwaentjievragte en 10 8-ton vragmotorvragte se vullis is weggery.
Die projek is geloods omdat die munisipale werkers gestaak en nie hul pligte nagekom het nie.
Hulle het ’n 8-ton-vragmotor, voertuie met sleepwaens, asook ’n trekker met ’n sleepwa gebruik om die projek aan te pak.
’n Plaaslike boer het ’n stootskraper beskikbaar gestel om by die vullisterrein te gebruik.
“Dit was indrukwekkend om te sien hoe die Standerton-gemeenskap saamstaan om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak,” het mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, gesê.
Die vullisterrein was in ’n lelike toestand omdat die vullis oral gestort word wat maak dat nuwe vullis nie daar gegooi kan word nie.
Mnr. Chris Boshoff, AfriForum se assistentkoördineerder vir Mpumalanga, het gesê dat almal wat belasting betaal, die reg tot basiese dienslewering het.
“Indien die munisipaliteit versuim om hulle grondwetlike pligte na te kom, sal AfriForum met selfdoenaksies ingryp,” het hy ook gesê.
AfriForum het die Lekwa Cleaning Crew en almal wat gehelp het, bedank.
“Ons moet krisisbeheer toepas en ons moet dit doen om ons dorp skoon te hou,” het mnr. Jannie Kasselman gesê.
“Gebruik gesonde oordeel en moenie jou vullissakke buite sit as daar weer ’n staking is nie.”
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205



