Local newsNews

Bethal VLU bedank gemeenskap

Bethal VLU tak wys nuwe skakelbeampte aan.

BETHAL – Lede van die plaaslike VLU-tak het Dinsdag, 21 Junie by me. Essie Fourie byeengekom vir hul maandelikse vergadering.

Me. Martie van der Walt, die tuisversorgingskoördineerder van Residentia Palm-oord het ’n insiggewende praatjie oor tuisversorging gelewer.

Die kongres wat op 27 en 28 Julie by die Numbi Hotel op Hazyview gehou, is bespreek.

Bethal-tak gaan deur agt lede verteenwoordig word, die meeste taklede van al die takke in die Hoëveldstreek.

Lede het die gemeenskap bedank wat hul kerrie-en-rysprojek, ’n groot sukses, ondersteun het.

Me. Marita du Randt is as skakelbeampte van die Bethal VLU-tak aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button