Local newsNews

Polisiewoordvoerder verwerf graad in kommunikasiewetenskap

Sy het reeds 23 jaar diens in die polisie.

Die polisie se woordvoerder op Ermelo, Kapt. Carla Prinsloo, het pas ‘n B.A.-graad in Kommunikasiewetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf. Sy is ook die houer van ‘n B.A.-graad in politieke wetenskap.

Kapt. Prinsloo het ná haar matriekjaar by die polisiediens aangesluit en afgesien van ‘n tydperk van drie jaar wat sy vroeër voltyds aan haar studies gewy het, het sy reeds 23 jaar diens in die polisie.

Sy het in 1994 diens as polisiewoord-voerder op Ermelo aanvaar.

“Ek geniet my werk as woordvoerder waar ek nie slegs navrae kry van en onderhoude voer met koerant-, radio- of televisiejoernaliste nie, maar ook met rolspelers in die gemeenskap.

“‘n Belangrike deel van my werk behels interne skakeling tussen die verskillende departemente in die polisiediens.”

Carla is die ma van twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter, wat albei aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer het en tans voltyds studeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button