Local newsNews

Brand verwoes huis gedeeltelik

Die brandweer was vinnig op die toneel

Digte rookwalms het die lug ingeborrel op 19 Oktober by Rooibokstraat 40 in Kosmospark nadat die huis omstreeks 4nm aan die brand geraak het .

Die brandweer was vinnig op die toneel en het omstanders gewaarsku om ’n veilige afstand van die huis te handhaaf omdat hulle gasbottels in die huis moes koel hou sodat dit nie ontplof nie.

Die inwoner het haar kinders dadelik uit die huis verwyder en na bure gehardloop toe sy bewus geraak het van die vuur.

Die oorsaak van die brand is onbekend.

’n Gedeelte van die huis is afgebrand en niemand is beseer of moes vir rookinaseming behandel word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button