Local newsNews

Pat se verhouding met God sy eerste prioriteit

“Ek is wie God my gemaak het om te wees en my verhouding met God sal altyd my eerste prioriteit wees.”

Past. Pat van der Westhuizen is ‘n gesinsman en sakeman wat sy verhouding met die Allerhoogste vooropstel.

Past. Van der Westhuizen is op Carletonville op 30 Januarie 1979 gebore en het sy peuter- en kleuterjare kaalvoet deurgedraf op Arnot waarna hulle na Standerton verhuis het toe hy agt jaar oud was.

Tydens sy skoolloopbaan was hy besig op die atletiekveld, veral hoogspring, middelafstande en landloop.

Hy het laerskoolrugby gespeel en op hoërskool deel gehad aan die koor en kadetorkes waarin hy die konserttrom bespeel het.

Dié pastoor het aan Hoërskool Standerton gematrikuleer en al het sy hart reeds op ‘n jong ouderdom teologie se kant toe gestaan, het hy eers biokinetika gaan studeer aan die Potchefstroom Universiteit.

“My pa het gesê ek moet eers iets agter my naam kry om op terug te val indien ek later sou vind dat die bediening nie vir my is nie.

“Ek het baie respek vir my pa en het sy raad gevolg,” het hy vertel en bygevoeg dat hy nie een dag spyt is oor sy studierigting nie.

Hy het sy hartsbegeerte om in bediening van God te staan by ‘n reeds druk studieprogram ingepas deur aan te sluit by His People

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button