Anina sien uit daarna om ’n verskil te maak
Sy glo mens moet vasberade wees met ’n visie wat jy in die lewe wil bereik.
Argeologie was in me. Anina van Rheede van Oudtshoorn se beplanning, maar onderwys as beroep was reeds duidelik herkenbaar kleintyd toe sy vir haar poppe skoolgehou het.
Sy is op Nigel gebore en het op Leandra grootgeword.
Laerskool Leandra was haar primêre skool waarna sy aan Hoërskool Delmas gematrikuleer het.
Op skool het sy haar besig met atletiek, netbal, tennis en toneelspel gehou.
Na matriek het me. Van Rheede van Oudtshoorn haar studies by die destydse Goudstad Onderwyskollege voltooi.
Dit was ook gedurende dié tyd wat haar man, mnr. Gerhard van Rheede van Oudtshoorn, in sy lugmaguniform, haar hart gesteel het.
Me. Van Rheede van Oudtshoorn en haar man is op Leandra getroud en het hulle daarna op Standerton gevestig.
Laerskool Jeugkrag was die eerste skool waar sy ’n pos aanvaar het en daár het sy 28 jaar lank in die onderwys gedien.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



