Local newsNews

Tjoekie is Bethal DBV se amptelike kantoorkat

Tjoekie die kantoorkat woon al vir drie maande by Bethal DBV.

Tjoekie het onlangs haar posisie as amptelike kantoorkat by Bethal DBV ingeneem.

Sy is ’n 13-jarige wyfiekat en woon die afgelope drie maande in die DBV se kantoor nadat haar eienaar, dr. Peet Venter, ’n veerarts wat op Evander gewoon het, na Pretoria getrek en afgetree het.

Dr. Venter het tydens sy afskeid genoem dat hy bekommerd is oor Tjoekie omdat hulle haar nie kan saamneem nie.

Me. Laurna Coetzer en me. Alma Botha het dadelik besluit om vir Tjoekie ’n nuwe tuiste by die DBV te bied.

“Sy het die eerste twee weke in ’n hok in die kantoor gebly en daarna haarself uitgelaat en haar nuwe huis deeglik ondersoek,” het me. Coetzer gesê.

Tjoekie het haarself vinnig op me. Coetzer se lessenaar tuisgemaak waar sy daagliks opkrul en die dag omslaap.

Dié kat word met tunahappies in die oggend bederf en geniet dit om geborsel te word.

“Tjoekie is nou deel van die DBV-span en van ons lewens,” het me. Coetzer bygelas.

Lees ook: Dokter Peet en me. Gerda Venter groet Evander

 

Tjoekie (Bethal DBV se kantoorkat) maak dit soms moeilik om te werk wanneer sy op die sleutelbord van die rekenaar gaan lê.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

Related Articles

Back to top button