SECUNDA – Carnelle Singh en Kayla Geldenhuis is Woensdagaand, 25 Julie onderskeidelik as Mnr. Oosterland en Mej. Oosterland gekroon.
Die skool het dié gewilde jaarlikse geleentheid in die Graceland Arena gehou met Bouwer Bosch as die aanbieder van die aand.
Hy het die gehoor laat skaterlag met sy pittige staaltjies.
Dit was egter die deelnemers se aand en hulle het die gehoor vermaak met hul danse wat die verskeie musiekfeeste in Engeland uitgebeeld het.
Amanda Dladla is die eerste prinses en Kaylah Jensen die tweede prinses.
Die tweede prins is Percival Mokoena en die eerste prins is Jan Hendrik-Nel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






