NewsSchools

Liggies beïndruk tydens ATKV Tienertoneel

Die Liggies het aan die streeksfees deelgeneem met die stuk ‘Per Pos’

Ligbron Akademie vir Tegnologie het aan die ATKV-tienertoneelkompetisie deelgeneem.

Dit is die 54ste jaar dat skole landwyd se leerders en onderwysers se talent ten toon gestel word.

Die Liggies het aan die streeksfees deelgeneem met die stuk “Per Pos”.

Dit is ’n lawwe tienerkomedie waarin een ou twee briewe gelyktydig vir twee meisies stuur, en ja, hy word uitgevang.

Jannes van Staden, wat die hoofrol vertolk het, het ’n bronssertifikaat ontvang vir toneelspel en Chené Viviers silwer vir haar werk as verhoogbestuurder agter die skerms.

Mnr. Gustav Pohl, wat die regie behartig het, het ’n bronssertifikaat ontvang vir een van sy tekste wat vanjaar deur ’n ander skool opgevoer is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button