Local newsNews

Laerskool Secunda se inniPark Fees weer ’n reuse sukses

Skool bedank borge en gemeenskap vir ondersteuning.

SECUNDA – Laerskool Secunda se inniPark Fees wat Saterdag, 25 Augustus plaasgevind het, was weer eens ’n sukses.

Daar was meer as 50 stalletjies waar feesgangers iets te ete kon koop, speletjies kon speel of kuns kon doen.

Me. Lizelle Pieters, skakelbeampte van Laerskool Secunda, het gesê sy het nog nie die finale syfers nie, maar sy glo daar was meer as 3 500 mense by die fees.

Bekende kunstenaars soos Refentse, Leah, Dewald Gouws, Leah en Die Campbells, het vir die vermaak gesorg en Tjiff en Tjaff het die kleinspan vermaak.

Me. Pieters het die gemeenskap en al die borge wat hulle jaarliks ondersteun, bedank en gesê sonder hul ondersteuning, sou die inniPark Fees nie so ’n groot sukses gewees het nie.

Kinders geniet een van die aktiwiteite by ’n kunsstalletjie by die inniPark Fees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button