Vroue Landbou-unie se Talento Mulher-tak bied jaarlikse konferensie op Ermelo aan
Die saal was pragtig opgemaak met handgemaakte papier rose en die rooi romantiese tema het die dag gekomplimenteer.
Die Vroue Landbou-unie se Talento Mulher-tak het Saterdag, 23 Februarie die Tambuki-streek se jaarlikse konferensie op Ermelo aangebied.
Lede van die tak het deur die jaar hard gewerk om geldinsamelings vir die spoggerige geleentheid te hou.
Me. Lenie Groenewald het borge van Topline Centre vir die eerste plekke in brei, hekel en borduurwerk ontvang.
Die saal was pragtig opgemaak met handgemaakte papier-rose en die rooi romantiese tema het die dag gekomplimenteer.
Al die vroue van die Tambuki-streek wat die dag bygewoon het, het heerlik gekuier en baie geleer.
Verskeie pryse is tydens die konferensie vir die verskillende kategoriëe uitgedeel.
Gelukkige trekkings, ‘n gaskunstenaar en gasspreker wat die vroue vertel het van finansiële beplanning het vir die vermaak van die aand gesorg.
Daar is ook tydens die konferensie ‘n gelukkige trekking gehou vir ‘n Nina Jem Gold-masjien wat deur Ermelo Bernina geskenk was.
Die trekking was gebruik om geld in te samel deur lootjies te verkoop, waarby elke tak voordeel trek.
Die vroue van Talento Mulher-tak het die volgende pryse ontvang;
Me. Lenie Groenewald het ‘n tweede plek gekry vir haar foto, me. Amore Harmse het ‘n derde plek ontvang vir haar gebak, me. Ans Barnard het ‘n eerste plek vir blomme in die middelbaar-klas ontvang en me. Veronica Bisschoff het ‘n eerste plek ontvang vir blomme in die beginner-klas.
Me. Elzabe Harmse het ‘n benoeming ontvang vir haar skryfstuk wat deur gegaan het na die Suid-Afrikaanse Kampioenskap.



