CrimeNews

Dief steel selfoon in Charl Cilliersstraat op Standerton

Toe sy ingeklim het, het die foon uit die motor geval en met haar probeerslag om dit te vang, het vier ander makkers haar weggestamp en die foon gegryp.

Me. Louisa van Gund van Burgerstraat op Standerton het na ‘n roof op 16 September kneusplekke om te wys, met ‘n kloppende hoofpyn die nadraai.

Me. Van Gund en haar man wou gou iets om 5.45nm by ‘n plaaslike groothandelaar in Charl Cilliersstraat gaan koop en haar Samsung Galaxy A5 het in die slag gebly.

Nadat hulle in die parkeerarea gestop het, het sy ingegaan en met die terugkeer, het sy een verdagte gesien wat om die motor loop.

Haar selfoon het sy in die voertuig agtergelaat.

Toe sy ingeklim het, het die foon uit die motor geval en tydens ‘n probeerslag om dit te vang, het vier ander makkers haar weggestamp en die foon gegryp.

Haar eggenoot Piet, wat in die veiligheidsektor werk, het Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) gebel, wat opgedaag en ‘n soektog na die booswigte geloods het.

‘n Diefstalsaak is by die Standerton Polisie oopgemaak.

“Baie dankie aan KVD vir hulle blitsige optrede,” het me. Van Gund gesĂȘ.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button