CrimeNews

Bethal-boer verloor ses beeste dié keer

Daan Malan loop weer deur onder veediewe

BETHAL – Mnr. Daan Malan, ‘n boer in die Bethal-omgewing, het op Vrydagoggend 26 April, wéér met skok ontdek dat ses van sy beeste geslag is.

Hy het in Desember verlede jaar, 16 beeste verloor wat ook geslag is en moes van die wat nog geleef het, doodskiet.

Dié keer het net die binnegoed oorgebly.

“Hulle moes my beeste Donderdagnag kom slag het,” het mnr. Malan vertel.

“Mense wat verby gery het en die binnegoed langs die pad gesien lê het, het my kom roep.”

Mnr. Malan meen dit is nie mense wat arm is en honger is wat die beeste slag vir kos nie, maar mense wat geld maak daaruit.

Hy het die voorval by Bethal Polisie Stasie aangemeld.

Daar is glo nog twee boere op die pad tussen Bethal en Kriel wat ook deurgeloop het, waar onderskeidelik een en twee beeste geslag is.

Bethal Polisie het bevestig dat daar voorvalle van veediefstal by hulle aangemeld is.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/129655/graphic-content-farmer-discovers-mass-slaughtering-cattle-bethal/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button