CrimeNews

Booswigte teiken verskeie ondernemings in die Standerton-omgewing

Dief/we het toegang deur die dak verkry en kontant gebuit by Gani Osman

• Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) het ’n besigheidsroof tussen 18 April om 5nm en 20 April om 7vm by Gani Osman in die Indiërkompleks aangemeld.

Dief/we het toegang deur die dak verkry en kontant gebuit.

Die alarm het nie afgegaan nie en geen kringtelevisie-opname is beskikbaar nie.

• Standerton Oil Mills het op 21 April om 3.45nm onder ’n poging tot roof deurgeloop.

’n Venster is gebreek en die verdagtes het ’n rekenaar laat val toe veiligheidswagte hul gesien het.

• ’n Booswig/te het ook deur die dak by Uys Frontier Marketing-Ola in die industriële gebied gekom en hul alarmstelsel beskadig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button