CrimeNews

Booswigte buit skape in De Kuilen-omgewing

Na ondersoek is vier karkasse en drie verdagtes in Sakhile opgespoor.

AfriForum Buurtwag en die Gemeenskapspolisieëringsforum, sowel as ‘n boer, het onverpoosd op Saterdagaand 10 Augustus gewerk om skaapdiefstal in die De Kuilen-omgewing hok te slaan.

Volgens mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste (KSS), het AfriForum inligting van die forum ontvang dat gesteelde skape gekry is.

Na ondersoek is vier karkasse en drie verdagtes in Sakhile opgespoor.

Een verdagte het hulle na die plaas toe geneem waar die skape gebuit is en twee vasgebinde skape is in die veld gekry.

Altesaam vier skape word nog vermis en ses verdagtes is in hegtenis geneem.

Daar is ook beslag op twee voertuie gelê wat met die voorval verbind word.

Die Standerton Polisie ondersoek die saak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button