NewsSchools

EHS bied Mpumalanga Jeugskou Kampioenskappe aan

Hoërskool Ermelo het 15 leerders na die kampioenskap gestuur om in 15 verskillende klasse deel te neem. Hulle het die pluimvee-, sierduif- en wedvlugduif-klasse oorheers.

Hoërskool Ermelo het onlangs die Mpumalanga Jeugskou Kampioenskap tuis aangebied.

Dit was die eerste keer in 11 jaar wat dié kampioenskap weer in Ermelo plaasgevind het.

’n Totaal van 68 leerders van vyf deelnemende skole, asook 20 leerders van Oppieplaas Akademie in Bethal het in verskeie klasse deelgeneem.

Hoërskool Ermelo het 15 leerders na die kampioenskap gestuur om in 15 verskillende klasse deel te neem. Hulle het die pluimvee-, sierduif- en wedvlugduif-klasse oorheers.

Martoinette Rautenbach by haar hoenders waarmee sy ’n eerste plek in die pluimvee-afdeling tydens die Mpumalanga Jeugskou Kampioenskap verower het. (Foto: Verskaf)

EHS het die eerste vyf plekke in die pluimvee-afdeling verower, met Martoinette Rautenbach in die eerste plek, LJ Buys tweede, ZJ Fourie derde, CJ Steenkamp vierde en Riaan Jansen van Rensburg vyfde.

In die sierduif-afdeling het EHS se Frikkie de Winnaar gewen, Caylin Loock was, Anke van Biljon derde en Amahle Nzimande vierde.

Billy van der Walt het tweede en Carlo da Silva derde geëindig in die wedvlugduif-afdeling.

Theoné Theron behaal ’n vyfde plek in die perde-afdeling tydens die Mpumalanga Jeugskou Kampioenskap. (Foto: Verskaf)

Monique Ferreira was tweede in die konyn-afdeling en Kayla Lourens het ’n tweede plek in kulinêre-kuns ontvang.

In die perde-afdeling het Theoné Theron vyfde en Zané Theron sesde geëindig.

Kayla Lourens is tweede in die in kulinêre-kuns tydens die Mpumalanga Jeugskou Kampioenskap. (Foto: Verskaf)
Frikkie de Winnaar is die wenner van die sierduif-afdeling tydens die Mpumalanga Jeugskou Kampioenskap. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button