Local newsNews

Rodeo by Ermelo Landboufees beloof om ’n hoogtepunt te wees

Ruiters het ’n spesiaal gevlegte tou waaraan hy dan met een hand mag vashou, terwyl die ander hand nie aan die bul mag raak  nie en slegs vir balans gebruik word.

Verskeie brawe ruiters van die F5 Rodeo Klub van Machadodorp, gaan op 6 en 7 Maart feesgangers tydens die Ermelo Landboufees vermaak.

Die eerste uitdunrondes sal op 6 Maart om 5nm en 7 Maart om 9vm plaavind, waarna die beste ruiters die beste bulle om 5nm aandurf.

Dié aksiebelaaide sport se doel is vir ruiters om vir agt sekondes in beheer op die bul se rug te bly.

Ruiters het ’n spesiale gevlegte tou waaraan hy dan met een hand mag vashou, terwyl die ander hand nie aan die bul mag raak nie maar slegs vir balans gebruik kan word.

Bulle soos Tornado, 7up, Silver Jacket en Old Joe is saggeaarde bulle wat nie ’n ruiter sal probeer stamp of jaag nie.

Dan is daar bulle soos Chucky, Razar en Braveheart wat die ruiters en narre laat werk vir hul geld.

Maak seker om ’n draai by die Ermelo Landboufees te maak om die ruiters in aksie te sien.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button