Local newsNews

Jong pa sterf in Evander Hospitaal na jare se pyn

Hy is met graad 4-lewersirosis gediagnoseer en dit het baie sleg met hom gegaan

TRICHARDT – Mnr. Sarel du Plessis (33) se lyding is verby.

Dié jong pa van twee is Maandag, 24 Februarie in die Evander Hospitaal dood kort nadat hy vanaf die Steve Biko Hospitaal terruggekom het.

Ridge Times het in November 2018 berig oor mnr. Du Plessis se stryd met avaskulêre nikrose, ‘n siekte waar die bloedtoevoer na die bene in die liggaam verhinder word wat dan tot beenverbrokkeling lei en die beengroei nie weer kan herstel nie. Dit tas veral die heupe en bo-bene aan.

Mnr. Du Plessis was toe reeds meestal bedlêend en in geweldige pyn. Heupvervangings en operasies het dinge net vererger.

Die gesin het destyds in ‘n woonwa in iemand se erf gewoon maar het sedertdien na ‘n eenheid by die Trichardtsfonteindam verhuis.

Volgens sy vrou, Maria, het mnr. Du Plessis se gesondheid die laaste paar maande drasties agteruit gegaan.

“Hy is met graad 4-lewersirosis gediagnoseer en dit het baie sleg met hom gegaan. Ons het gereed gemaak om hom op sy laaste tuis te versorg,” het sy gesê.

“Dit is baie swaar en seer. Ek mis hom verskriklik,” het me. Du Plessis

Die paartjie was vir 16 jaar saam en het twee kinders, Jaun Pierre (15) en Abigail (7).

Mnr. Du Plessis sou op 2 Mei sy 34ste verjaardag gevier het.

‘n Roudiens is op Vrydag, 28 Februarie vanuit die Bikers’ Church gehou.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/127789/sarel-is-platgeslaan-maar-veg-voort/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button