Local newsNews

Davieshof-inwoners vra gemeenskap se hulp om gebou in stand te hou

Die dak in die hysbak lek en as dit reën word die kabels van die hysbak nat.

SECUNDA – Inwoners van Davieshof-woonstelle vir bejaardes is bekommerd oor die toestand van die gebou en het die gemeenskap om hulp gevra.

“Die gebou val inmekaar en die munisipaliteit sê hulle het nie geld om dit reg te maak nie,” het me. Estelle Hyland, die inwoners se verteenwoordiger op die komitee is, gesê.

Die dak van die hysbak lek en as dit reën, word die kabels van die hysbak nat.

“Ons is bang iemand word hier deur elektrisiteit geskok,” het me. Hyland gesê.

Me. Hyland verkoop ou klere by Davieshof om geld vir nuwe ligte in te samel. Die ligte in die gange werk nie meer nie en moet vervang word.

Van die ander probleme is die brug tussen die vleuels van die gebou wat al baie oud is en nie in stand gehou word nie.

Die brug by Davieshof kort herstelwerk en inwoners glo dit is onveilig.
Die brug by Davieshof het krake in en inwoners glo dit is onveilig.

“Die brug het krake in en ek is bang dit val inmekaar soos by Hoërskool Driehoek,” het me. Hyland gesê.

Die teëls op die dak val af en die dak lek op verskeie plekke in die gebou.

“As dit reën is hier bykans meer water binne die gebou as buite,” het me. Hyland gesê. Die gebou kort ook nuwe geute.

Rioolwater wat onder die hysbak opdam, is nog ‘n probleem.

Sy het die nuwe direksie bedank vir alles wat hulle vir die inwoners doen en veral AfriForum wat al verskeie woonstelle uitgeverf en opgradeer het en ook geisers geborg het.

Me. Hyland het ook me. Mariaan Chamberlain, DA-raadslid, wat die inwoners al baie gehelp het, bedank. Sy het onder andere ‘n kragopwekker aan die inwoners verskaf.

As jy die inwoners van Davieshof wil ondersteun deur te help met die instandhouding van die gebou, skakel me. Hyland by 079 398 2046.

Die dakke en geute in die gange by Davieshof lek en kort herstelwerk.
Die dakke by Davieshof kort herstelwerk.
Die dakke by Davieshof kort herstelwerk.
Die dak by Davieshof kort herstelwerk.
Die brug by Davieshof kort herstelwerk en inwoners glo dit is onveilig.
Die brug by Davieshof het krake in en inwoners glo dit is onveilig.
Die teëls op die dak by Davieshof val af.
Die gebou by Davieshof word nie deur Govan Mbeki Munisipaliteit onderhou nie.
Die dakke in die gange by Davieshof lek en kort herstelwerk.
Die dakke en geute in die gange by Davieshof lek en kort herstelwerk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button