Gert Lottering, oud-inwoner, ernstig beseer na ongeluk
Op aanbeveling van ’n dokter, beoog die familie om hom na ’n privaathospitaal oor te plaas waarvoor geld benodig word.

Die familie van mnr. Gert Lottering, oud-inwoner, staan voor ‘n dilemma na sy beserings in ‘n ongeluk.
Dié werknemer van ‘n motorhandelaar op Secunda was op 15 Februarie in ‘n ongeluk betrokke waarvan die skade aan sy voertuig en die ander motoris s’n op ‘afgeskryf’ te staan gekom het.
Gert was eers vir drie dae in die Evander Hospitaal voordat hy na die die MediClinic Highveld oorgeplaas is en ‘n heupoperasie op 18 Februarie ondergaan het.
Hy is daarna na die Standerton Hospitaal oorgeplaas en die Standerton Advertiser kon tydens ‘n onderhoud op Maandag 24 Februarie met hom gesels.

Sy beserings sluit in die heup aan die linkerkant wat uit potjie was, albei knieë wat seergekry het en ‘n kop vol snye.
“Ek het ‘n halwe dag na die tyd in die hospitaal wakker geword,” het Gert gesê.
Op aanbeveling van ‘n dokter, beoog die familie om hom na ‘n privaathospitaal oor te plaas waarvoor geld benodig word.
Besonderhede kan op backabuddy.co.za/gert-lottering gevolg word.
‘n Mikpunt van R150 000 word in die vooruitsig gestel wat insluit, oorplasing na ‘n MediClinic, femuroperasie op albei knieë, dokter-, chirurg- en hospitaalonkoste, sowel as medikasie.
AfriForum het inmiddels ‘n rolstoel geskenk. Enigeen wat ‘n bydrae wil maak, kan ‘n inbetaling doen by ENB, Standerton, Maud Lottering, rekeningnommer 6261 8495 916.
“Dit sal opreg waardeer word,” het die familie gesê.




