Local newsNews

Secunda-man se been val gate in weens spinnekopbyt

[Grafiese inhoud] Man is dankbaar dat sy been daagliks verbeter

BETHAL – Mnr. Dirk Smith se been het gate in geval nadat hy in Oktober tydens ‘n gesinsvakansie by De Voetpadkloof anderkant Middelburg deur ‘n spinnekop gebyt is.

“Daar was net ‘n rooi knoppie op my been en ek het eers gedink dit is ‘n muskietbyt,” het mnr. Smith vertel.

Dié knoppie het egter later ‘n klein gaatjie gevorm en mnr. Smith is dokter toe.

Die dokter het vermoed dit is ‘n spinnekopbyt en het dit behandel, maar mnr. Smith het egter later infeksie in die wond gekry en is na ‘n internis in eMalahleni (Witbank) verwys.

Dié internis het hom na ‘n chirurg verwys wat die wonde, wat toe reeds septies was, in teater skoongemaak het.

Mnr. Smith se een spinnekopbyt het hom met 17 gate in sy been gelaat.

Hy is sedert Oktober met siekverlof en kan eers weer na sy werk terugkeer as sy been beter lyk.

“Ek het op ‘n kol gedink ek gaan my been verloor, maar ek smeer daagliks heuningsalf op en die wonde lyk nou baie beter.”

Mnr. Dirk Smith het op ‘n stadium gedink hy gaan sy been verloor.
Mnr. Dirk Smith se wond nadat ’n spinnekop hom gebyt het.
Mnr. Dirk Smith se been het gate begin inval nadat ’n spinnekop hom in Oktober gebyt het.
Mnr. Dirk Smith se wond nadat ’n spinnekop hom in Oktober gebyt het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button