Local newsNews
Kosmos Aftree-oord tree voorsorgmaatreëls teen koronavirus
Familielede, wat die tehuis onlangs besoek het en dié virus opgedoen het, moet die outehuis dadelik laat weet.
Die ouetehuis op Standerton het in die belang van die bejaardes voorsorgmaatreëls ingestel.
Mnr Jack la Grange, bestuurder van die tehuis, het die gemeenskap versoek om besoeke te beperk.
Die risiko van oordrag word dus beperk.
Streng higiëniese gewoontes moet gehandhaaf word, veral met betrekking tot die was van hande.
Families wat meen dat hulle beter kwarantyn tuis kan toepas, by voorbeeld op ’n plaas, kan met mnr. La Grange of matrone Annatjie Steyn in verbinding tree.
Familielede, wat die tehuis onlangs besoek het en dié virus opgedoen het, moet die outehuis dadelik laat weet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



