Twaalfjarige Lineke in hospitaal na spinnekop haar byt
Haar ma, me. Zeldine Botha, het gesê hulle weet hoe ’n spinnekopbyt lyk en het haar dokter toe geneem vir antibiotika {Grafiese inhoud]
BETHAL – Lineke Botha (12), ‘n gr.7-leerder aan Laerskool HM Swart, is op Vrydagnag, 21 Februarie in haar ouerhuis op ‘n plaas tussen Bethal en Davel deur ‘n spinnekop op haar neus gebyt terwyl sy geslaap het.
Haar ma, me. Zeldine Botha, het gesê hulle weet hoe ‘n spinnekopbyt lyk.
Hulle het haar dadelik dokter toe geneem vir antibiotika toe hulle die merk op haar neus gesien het.
Die antibiotika het egter nie gehelp nie en Lineke is later in die hospitaal opgeneem toe die bytplek versleg het en haar oë en sinusholtes begin opswel het.

Lineke moes vyf dae in die hospitaal deurbring en het sterk antibiotika en pynmedikasie deur ‘n drip ontvang.
Sy is in dié tyd ook vir ‘n skandering gestuur om seker te maak die gif het nie na haar brein versprei nie.
Lineke is ontslaan en sterk tans tuis aan. Sy moet steeds antibiotika neem.
“Aanvanklik het die bytplek glad nie sleg gelyk nie. Dit was eers net soos ‘n puisie, maar later het dit twee gaatjies begin vorm en al hoe groter en rooier geraak,” het me. Botha gesê.
Haar ouers vermoed dit was ‘n sakspinnekop wat haar gebyt het omdat dié spinnekoppe algemeen in dié gebied voorkom. Me. Botha het vir dr. Larika Potgieter en dr. Mabaso van die Mediclinic Highveld vir hul goeie diens bedank.


Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/156842/secunda-man-se-val-gate-weens-spinnekopbyt/



