AfriForum Ermelo beplan opkomende projekte
Die tak nooi sakeondernemings, gemeenskapslede en skole uit om by dié tak betrokke te raak om sodeonde Ermelo ’n beter en veiliger dorp te maak.
Die burgerregte-organisasie AfriForum se Ermelo-tak, is reeds besig met hul beplanning vir verskeie projekte wat voorlê.
Die takbestuur, wat op 31 Oktober 2018 verkies is bestaan uit mnr. Renier van Heerden, voorsitter, mnr. Frikkie du Plessis, ondervoorsitter, me. Mandy Kleynhans, sekretaris en mnr. Heinrich Janse van Rensburg, penningmeester.
Mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê: “Die projekte wat aangepak word hang ook van die beskikbare fondse af.”
Mnr. Pretorius het vertel dat die stortingsterrein se oudit onlangs voltooi is.
Projekte wat vir die tak voorlê sluit die Blou en Groen Druppel Projek in wat in Mei plaasvind.
Watertoetse sal gedoen word op die drinkwater van Ermelo.
Hulle sal ook in September die Blom plant-projek en in Oktober die #OnsDorp projek voortsit.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



