Local newsNews

Organisasie moedig mense aan om wit te dra

Sy het ouers aangemoedig om dié kans te gebruik om die strikkies saam met hul kinders te maak en tyd saam met hul kinders te bestee. “Dit sal nie net jou kinders besig hou nie, maar hulle ook leer om om te gee vir ander, al kan hulle nie noodwendig vir die persoon ’n drukkie gee of selfs met die persoon praat nie,” het me. Roux gesê.

Solidariteit Helpende Hand het ’n beroep op die publiek gedoen om wit strikkies te dra om hul ondersteuning te wys aan mediese dokters en mediese personeel wat op die voorgrond werk om die koronavirus te bekamp.

Me. René Roux, Solidariteit Helpende Hand se adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie, het gesê die idee van dié gebaar is om soveel mense as moontlik in Suid-Afrika, en selfs in die wêreld sover te kry om vir hulle wit strikke vanuit enige materiaal tuis te maak, dit elke dag te dra en foto’s op sosiale media te deel.

“Die bedoeling is om te wys ons dink aan en bid vir alle dokters en mediese personeel wat daagliks in moeilike omstandighede met pasiënte werk en aan die virus blootgestel word, terwyl daar onverpoosd gewerk word om lewens te red en ’n entstof teen die virus te vind,” het me. Roux gesê.

“Ons land is tans in ’n donker plek, mense is onseker en bang.

“Maar net soos wat die Here ons hierdeur sal bystaan en ons rustig sal maak, stel Hy ook mense met die nodige vaardighede in plek om ons gesond te maak en siekes by te staan.”

Sy het ouers aangemoedig om dié kans te gebruik om die strikkies saam met hul kinders te maak en tyd saam met hul kinders te bestee.

“Dit sal nie net jou kinders besig hou nie, maar hulle ook leer om om te gee vir ander, al kan hulle nie noodwendig vir die persoon ’n drukkie gee of selfs met die persoon praat nie,” het me. Roux gesê.

Sy het die publiek gevra om hul strikkies met trots te dra en dit dan op sosiale media te deel met die hutsmerk #WitStrik om sodoende aan mediese personeel wêreldwyd te wys dat hul werk waardeer word en dat hulle in mense se gebede is.

“Ons moet onthou, tye van nood gaan ook verby, maar die gedagtes wat jy by mense laat gedurende die tye bly ’n leeftyd.

“Ons bly positief, ons bly sterk en ons bly saamstaan as een groot Suid-Afrika om mekaar ook emosioneel en geestelik te ondersteun.

“Helpende Hand glo sterk daaraan om nie net arm en kwesbare mense fisiek by te staan en te ondersteun nie, maar ook geestelik en emosioneel.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button