Secunda se VLU-vroue leer van waterverfsketse
Belangstellendes is welkom om volgende vegadering op 29 April by te woon
SECUNDA -Me. Launa Jansen van Vuuren het me. Maryna Hartman, wat die pryse op die VLU-konferensie wat onlangs gehou is, ingeryg het, asook die ander pryswenners tydens die Secunda VLU-tak se nuutste byeenkoms op 11 Maart, geluk gewens.
Me. Hartman het ookdie pryse by die Secunda VLU-tak se maandelikse kompetisie ingeryg en het eerste en tweede plekke in verskeie afelings verower.
Me. Amanda Nel het vir die vroue gewys hoe om waterverfsketse te maak deur ’n paletmes te gebruik.
“Daar is vir my nie reëls as ek waterverfsketse maak nie, want dan neem jy die prêt uit dit uit as jy reëls moet volg,” het me. Nel gesê.
Me. Jasen van Vuuren het belangstellendes genooi om die Secunda VLU-tak se volgende vergadering, wat op Woensdag, 29 April in Die Ark by die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente plaasvind, by te woon.
Een van die lede, me. Teresa de Wet, het gesê die VLU is nie vir vroue wat alles kan doen nie, maar juis sodat vroue by mekaar kan leer.
“Sluit aan, al kan jy nie elke vergadering bywoon nie,” het sy gesê.
Vroue wat werk kan steeds artikels vir die VLU se maandelikse kompetisies inskryf.
“Dié kompetisies is daar sodat ons kan leer en om van jou artikel ’n beter produk te maak.”
Vir meer inligting, skakel me. Jansen van Vuuren by 061 065 7417.



