Local newsNews

Inwoners van Palmoord se versorgingseendheid moet ander blyplek soek

Residentia Palmoord Ouetehuis se bestuur reageer nie op navrae

BETHAL – Inwoners wat in die versorgingseenheid van Residentia Palmoord Ouetehuis op Bethal gewoon het, het kennis gekry dat dié eenheid, asook die Alzheimer Huis by Palmoord wat in Mei 2018 oopgemaak het, nou toemaak.

Mnr. Joe Duvenage, hoof-uitvoerende beampte van Residentia, het nie op navrae van die Ridge Times gereageer oor die redes hoekom die versorgingseenheid en Alzheimer Huis toemaak nie.

Me. Paula Borges, bestuurder by Residentia Palmoord Ouetehuis, het slegs gesê Residentia beplan om in die tweede week van April ‘n persverklaring oor die nuwe toekomsplanne vir Palmoord uit te reik.

Na wat verneem word, moes inwoners ander blyplek kry en sommige is terug na hul kinders, terwyl ander by Silwerjare Ouetehuis plek gekry het en ander is na ouetehuis op ander dorpe.

Residentia Palmoord Ouetehuis se versorgingseenheid en Alzheimer Huis maak glo toe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button